Om te spring

Net oorkant 50 loop my korporatiewe loopbaan skielik uit op ‘n verbeeldinglose vlakte. Windstil, gemaklik en voorspelbaar. Kinders uit die huis, albei van ons met goedbetaalde werk, oorgenoeg om van te lewe. Vasgevang in ‘n dodelike daaglikse roetine.  Soggens net na ses gaan ek uit die huis, en saans net voor ses kom ek terug. Met die voorgeskrewe drie weke verlof per jaar, medies, pensioen, behuising, die hele lot. MAAR sonder tyd vir myself. Want naweke is doodeenvoudig te kort om sinvol weg te breek. Saterdagoggende word gebruik vir haresny, iets by die hardeware soek, ‘n vinnige koffietjie, of werk in die tuin. Ons kyk rugby en braai Saterdagaande, Sondae gaan ons erediens toe.

Toe die kinders nog in die huis was, was die geroetineerde lewe nog draaglik. Die weeklikse herhalings was aanvaarbaar. En naweke was vir ons blaaskanse om net by die huis te wees en bietjie langer as normaal in mekaar se geselskap deur te bring.

En toe gaan die kinders uit die huis uit. Skielik raak die weeklikse roetine vir ons waansinnig. Ons vra hoekom-vrae, ons kyk na aanpassings, probeer raad kry uit tydskrifte en die web, wend ons na kundiges. Albei kinders reis die wêreld vol, vertel ons van hul ervarings in ver plekke. Ons sit by die huis en luister. ‘n Buurman hang oor die muur en vertel van sy wedervaring in ‘n 4×4 op reis deur Afrika en ons luister. Ons gaste vertel van hul reise deur die wêreld en ons luister.

‘n Onversadigbare honger vir die groot reis bou op. Terselfdertyd raak my siel toenemend ontevrede met die doelloosheid van ‘n geroetineerde korporatiewe werk, die vals hoop van aardse sekuriteite en eindelose vergaderings oor vaal onderwerpe.

Toe spring ons.

Eintlik is ons nie springerige mense nie. Ek het hoogtevrees. En engtevrees. Dus het ek nog nooit ‘n begeerte gekry om oor ‘n afgrond te spring nie. Nie eers net twee meter nie. My Lief spring ook nie graag nie. En as sy spring is die gil groter as die sprong.

Maar ons het al bedank. Plotseling. Net so onverantwoordlik soos iemand wat met ‘n rek van ‘n brug af spring. Mense wat al gebungy het, sê dis angswekkend. Dat mens nie te lank daaroor moet nadink nie, maar dit net moet doen.

So, ons het gespring. Om te reis. En hierdie is ons storie.

 

Advertisements

Skrywer: oudoring

Married for 30 years to Sugnét. Two children. We call Namibia our home country, but travel currently as part of a sabbatical year.

13 thoughts on “Om te spring”

  1. Yes man dit klink nou na ‘n lekker Katsprong! Julle gaan heerlik reis, wonderlike goete aanvang, verstommende mooi plekke sien en met ‘n ryklike nuwe blik op die lewe en sy sieldgenote terugkom. Wat ‘n asemrowende besluit. Gaan. Spring, hop, gil…maar gáán!

    Liked by 1 person

  2. Gaan erg nasty wees as julle nie hierdie storie verder vertel nie. Hou ons asb op hoogte van die volgende hoofstuk wat julle nou aanpak. Voorspoed, geniet en julle bly in ons gebede!

    Liked by 1 person

  3. Baie dankie vir die volg ek waardeer dit. Weet nie of jou onderbewussyn jou sover probeer kry om nog mense te inspireer om te spring nie. Dan moet ek jou net waarsku dat ons profiele radikaal verskil. Die ouderdom byvoorbeeld;ek is nog baie ver van 50 word dit eers in Mei… 🙂
    Alle sterkte met julle sprong. Ek sal baie bepaald nog hier kom rondkrap

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s