Zen oomblikke

Zen is iets soos meditasie. Om na te dink. Te verwonder. Of net te staar. Om aan niks te dink nie, en net te kyk. Om afwesig te wees.

Vir my is dit maklik om te Zen. Ek trek ‘n niks-laaitjie oop, my oë word glaserig, my mond gaan ontspanne oop (en bly oop), en ek dink aan boggerol. Asemhaling is belangrik tydens Zen. Daarom raak dit vlakker, amper asof ek begin slaap. Ek kan Zen op enige plek, enigetyd. Oor enigiets. Ek kan nie altyd voorspel wanneer ek gaan Zen nie.

My Lief sukkel om te verstaan hoe maklik dit is om te Zen. Sy kan nie. Sy sê ek zone uit. Maar dis die kuns van Zen – net sommige mense kan dit doen.

Miskien verstaan ek nie rêrig wat Zen is nie. Dis dalk net dagdroom. Kleintyd is ek speels genoem Josef die dromer. Want dan het iemand my uitgevang dat ek afwesig was. Dalk is dit net Josef-oomblikke wat ek beleef. Dalk staar ek sommer net skaamteloos. Gaap aan. Dalk wonder ek maar net. 

Advertisements

Skrywer: oudoring

Married for 30 years to Sugnét. Two children. We call Namibia our home country, but travel currently as part of a sabbatical year.

2 thoughts on “Zen oomblikke”

  1. Pierre, ek dink mans Zen baie makliker as vrouense…….
    Dit is waar dat ons met tye aan niks kan dink nie, net sit by die viswater, staar na niks, en net in onsself wees……
    Vrouense kan dit nie verstaan nie, onthou hulle is van ’n ander planet….
    Groete

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s