Fotoverhaal

Port Barton toets die ware betekenis van die woordjie paradys. Die dorpie is vasgedruk tussen ‘n beenwit strand, gesoom met kokospalms en woudbedekte berge, op die kromming van ‘n baai. Dis ‘n klein dorpie. So klein dat daar nie eens ‘n bank is nie, en waar krag net beskikbaar is tussen halfses en halftwaalf saans.


Met hoogwater spoel die mak brandertjies tot teenaan die trappies van ons blyplek. Op ons stoepie is ‘n uitnodigende hangmat en so uit die hangmat kan ons kyk na een van die bote wat geduldig op ons wag om te gaan snorkel. Dis vreedsaam en stil hier. Kinders speel op die strand en ‘n paar vissermanne sluk ‘n Red Horse met die dag af.


Saam met ons op die snorkelboot klim ‘n Portugese en ‘n Belgiese paartjie. Die skipper en sy bootsman is ou hande en neem ons van die een idilliese plek na die ander om te snorkel. 


My kamera werk hard, maar ek weet dat geen kiekie regverdiging kan gee aan die hemelse mooi van hierdie stukkie skepping nie. Buitendien kan ek nie die onderwaterwêreld kiek nie, en ek kry al hoe meer spyt omdat ek nie daai GoPro aangeskaf het nie. En dat ek nog nie ‘n duikkursus gedoen het nie. 


Ons ry langs afgeleë ente kus. Hier en daar is ‘n vissersdorpie, nog kleiner as Port Barton. 


Vir middagete gooi ons anker op ‘n strand sonder naam. Skipper en Bootsman berei vir ons ‘n eenvoudige middagete voor. En so oor gebraaide vis, rys, groente en vars vrugte kom Portugal, België, Namibië en Filipyne al hoe nader aan mekaar. 



Was dit nou Ruiter in Swart wat my laat wonder of ek al voorheen die naam Port Barton gehoor het? Of het ek bloot vir Barberton met Port Barton verwar? Tog twyfel ek sterk of Ben Brand en sy perd Satan ooit gesoek het na boewe op die Palawan Eiland. Want hy sou nie boewe hier gekry het nie. Filipyne is goeie mense.


Maar as Ben Brand ooit in Port Barton was, sou ons seker vandag nog die nuutste uitgawe van Ruiter in Swart kon lees. Dalk in kleur. Die stories sou miskien flou gewees het, maar die mooi omgewing sou opgemaak het. Fotoverhale sou nie uitgesterf het nie. 

Advertisements

Skrywer: oudoring

Married for 30 years to Sugnét. Two children. We call Namibia our home country, but travel currently as part of a sabbatical year.

7 thoughts on “Fotoverhaal”

  1. Ben Brandt. Fotoverhaal boekies…Jy loop nou vêr paaie terug! Ek begin bekommerd raak; my bucket list raak al hoe langer terwyl ek so saam met julle twee rondloop. Bertus gaan harder moet werk, meer geld wegsit. Want my lysie alleen gaan ons bankrot maak!

    Liked by 1 person

    1. Moenie bekommerd wees oor die geld nie, ons doen dit so goedkoop as moontlik. Ons het rugsakke, bly in hostels, eet van die straat af, kiek met n goedkoop gatsak kamera, ry met openbare vervoer. Sover maak ons dit!

      Like

  2. Ek was nog op laerskool toe twee ouens mekaar wou pak oor ‘n meisie (volwasse fotoverhaal meisie en ouens). Die een het gese: wag net tot ek my baadjie uittrek dan foeter ek jou… waarop die annder reageer het met: ek het nie nodig om my baadjie uit te trek om jou te foeter nie. Die 2de een het my wesenlik beindruk en gereeld daarna het en nie my skoolbaadjie uitgetrek wannneer ek ouens gefoeter (of te wel in my verbeeldingsvlugte gefoeter het nie…)
    Ek sal nou kan doen met jou fotoverhaal wereld

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s